Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 8 SEPTEMBER 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins uit in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik, op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus, vandag:

DIE SARL NASIONALE VELDDAG VOLGENDE NAWEEK

PRESTASIES OP BHF EN HOËR

en

OPLOSSINGS VIR ELEKTRIES KRAG GERAAS

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE SARL NASIONALE VELDDAG VOLGENDE NAWEEK

Die tweede been van die SARL Nasionale Velddag vind plaas vanaf 10:00 UTC op Saterdag 14 September tot 10:00 UTC op Sondag 15 September met foon, gelykgolf en digitale aktiwiteit op 160 tot 10 meter. Die uitruiling is die aantal senders by jou stasie, die Velddag-bedryfsklas en jou provinsiale afkorting. 'n RS- of RST-verslag is nie nodig nie. Daar is 6 bedryfsklasse om van te kies. Die reëls kan gevind op bladsy 41 van die 2019 SARL Blou Boek vir 2019. Die Worked All Europe foon kompetisie en die FOC QSO geselligheid (gelykgolf) word ook die naweek gehou.

Die Bo-Karoo ARK sal ZS3VDK bedryf vanaf die Rolfontein-natuurreservaat; ZSFF-0326 by Vanderkloof; Dennis, ZS4BS sal aktief wees by die Amanzi-natuurreservaat; ZSFF-0440 naby Brandfort en op Sondag 15 September sal PEARS ZS2PE tussen 07:00 en 13:00 UTC vanaf die Addo Olifant Nasionale Park, ZSFF-0001 bedien. Wie anders gaan van 'n natuur- of wildtuin aktief wees? Kontak Dennis op zs4bs@netactive.co.za as jy op soek is na die ZSFF-nommer van 'n park.

MEER KOMPETISIES IN DIE VOLGENDE WEEK

Die vierde been van die SARL Woensdag 80 m Klub Naelloop vind plaas van 17:00 tot 18:00 UTC op Woensdag 18 September met foon en gelykgolf aktiwiteite.

Die SARL BHF/UHF Digitale kompetisie vind plaas van 10:00 UTC op Saterdag 21 September tot 10:00 UTC op Sondag 22 September met aktiwiteit van 6 meter en hoër. Die Alle Afrika DX-kompetisie begin om 12:00 UTC op Saterdag 21 September en eindig 24 uur later met foon, gelykgolf en RTD aktiwiteit op 160 tot 10 meter.

PRESTASIES OP BHF EN HOËR

Op Donderdag 15 Augustus 2019 het Allan Saul, ZS1LS in JF96FD 'n ESB QSO gehad met Ari Johannesson, TF1A in HP94BS via OA-100 - 'n afstand van 11 420,9 km. En op Saterdag 24 Augustus 2019 het Allan, ZS1LS in JF96FD 'n QRA-64 QSO gehad met Eino Metsamaki, OH2DG in KP30CK via EME - 'n afstand van 10 473,9 km.

Op Woensdag 28 Augustus 2019 het Willem de Kock, ZS1WDK in JF96ID 'n ESB QSO met Ari, TF1A in HP94BS via OA-100 gehad en die afstand met 6,8 km verbeter, dit staan nou op 11 427,7 km.

Welgedaan Allan en Willem! Vind die nuutste BHF en hoër rekords op www.sarl.org.za/public/local/VHF_SA_Records.asp

SARL TROFEË EN TOEKENNINGS

Die Liga het trofeë en toekennings nie net vir kompetisies nie, maar ook vir bedryfsprestasies en om erkenning te gee aan individuele prestasies. Die sluitingsdatum vir benoemings vir hierdie trofeë en toekennings is Vrydag 31 Januarie 2020 en die nominasie vorms sal vanaf Woensdag 11 September 2019 beskikbaar wees op die Liga se webwerf. Die Liga Sekretaris het reeds die eerste Jack Twine- en Eregallery-benoemings ontvang.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

ZS SOTA DAG OP 24 SEPTEMBER

Klim ‘n berg op Dinsdag 24 September en aktiveer 'n piek vir die ZS SOTA-dag. Sal daar pieke in al nege provinsies geaktiveer word? Meer inligting om te volg.

OPLOSSINGS VIR ELEKTRIES KRAG GERAAS

Die volgende werkswinkel by die NARS op Saterdag 28 September begin met 'n paneelbespreking oor verskillende maniere om geraas op te los wat deur die elektriese stelsel kom. Die paneel sal 'n gevallestudie aanbied en wys hoe, met 'n paar eenvoudige maatreëls, 'n vermindering in krag geruis bereik kan word. Die agenda bevat ook 'n oorsig van die SARL RF-geraas moniteringsprogram, opdaterings van die geraas monitering sagteware, aktiewe antenna-ontwerpe met oorsigte van die op-die-lug toets-uitslae, 'n sessie oor die ontplooiing en toepassing van dongles om jou skootrekenaar of rekenaar in 'n kragtige ontvanger te verander en hoe jou RF-geraas bronne in jou huis kan identifiseer. Bespreek nou, die besonderhede en vorms is beskikbaar op www.sarl.org.za. Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Na die formele bespreking gaan Anton Janovsky en Brian Jacobs praktiese hulp verleen om 'n geraas monitering stasie op te rig.

Die registrasievorm bevat 'n lys van komponente wat jy kan bestel en dit sal by die werkswinkel aflewer word. Jy sal dan huis toe gaan met 'n volledige geraas moniteringstelsel; al wat jy nodig het, is 'n antenna en 'n internetverbinding.

ARRL 2020 HANDBOEKE

Die 2020 ARRL Antenna boek is binnekort beskikbaar in 'n pakket van vier volumes. Die ARRL Handboek vir Radiokommunikasie is beskikbaar in 'n stel van 6 sagteband-volumes. Hierdie boeke kan vooraf bestel word en die sluitingsdatum vir voorafbestelling is Woensdag 18 September. Hierdie volumes sal waarskynlik nie in Suid-Afrika beskikbaar wees nie. Die aflewering is einde Oktober via Postnet. Die ARRL sal slegs 'n beperkte voorraad hê en sal waarskynlik vinnig uit voorraad wees, soos wat gebeur het met die boks weergawe van die 2019 ARRL Handboek vir Radiokommunikasie. Besonderhede en bestellings kan afgelaai word vanaf 'n skakel op www.sarl.org.za

KOMPETISIE-UITSLAE

Die voorlopige uitslae van die SARL HF Gelykgolf kompetisie. Die kompetisie komitee het 11 logstate ontvang vir die kompetisie wat op Sondag 25 Augustus 2019 gehou is. 157 QSOs is gemaak met 16 op 20 meteer; 51 op 40 meter en 90 op 80 meter.

1ste Jan Botha, ZS4JAN - 68 punte
2de Hans Kappetijn, ZS6KR - 56 punte
3de Barry Nugent, ZS2NF - 54 punte

Die klub kompetisie:
1ste die Bloemfontein ARK - 108 punte
2de die Pretoria ARK - 56 punte
3de PEARS - 54 punte

Die gekombineerde uitslae van al drie HF-kompetisies:
1ste Jan Botha, ZS4JAN - 349 punte
2de Hans Kappetijn, ZS6KR - 168 punte
3de Barry Nugent, ZS2NF - 151 punte
4de Theunis Potgieter, ZS2EC - 122 punte

Die klub kompetisie:
1ste die Bloemfontein ARK - 461 punte
2de PEARS en die Pretoriase RK - 295 punte
4de Bo-Karoo ARK - 294 punte

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan DX openinge op die 15 tot 30 meter bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

14 September - die Boland ARK AJV
14 en 15 September - die SARL Nasionale Veld dag
15 September - registrasie vir die Oktober RAE sluit
17 September - die Highway ARK maandelikse vergadering
18 September – die SARL Woensdag 80 m Klub Naelloop en die sluitingsdatum vir die bestelling van die 2020 ARRL-handboeke
20 September - Provinsiale skole sluit
21 en 22 September - die SARL BHF/UHF Digitale kompetisie en die Alle Afrika DX-kompetisie
24 September – Erfenisdag, Nasionale Braai Dag en die ZS SOTA Dag
28 September - die SARL / AMSAT SA RF Geraas Werkswinkel
28 en 29 September - die CQ WW RTD kompetisie
3 Oktober - die SARL 80 m QSO Party

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die tweede been van die SARL Nasionale Velddag vind plaas vanaf 10:00 UTC op Saterdag 14 September tot 10:00 UTC op Sondag 15 September met foon, gelykgolf en digitale aktiwiteit op 160 tot 10 meter. Die uitruiling is die aantal senders by jou stasie, die Velddag-bedryfsklas en jou provinsiale afkorting. 'n RS- of RST-verslag is nie nodig nie.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens klubs en individue uit om nuusitems van belang vir radio amateurs en kortgolfluisteraars in te dien in sowel Engels as Afrikaans, indien moontlik, deur die skakel na die Nuus Posbus op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste te volg. Nuus items wat in die bulletin ingesluit moet word, moet die nuus span bereik nie later nie as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Herman Erasmus, ZS6CTA en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003